| Hey, my Lenie Blou | |
| Ek wonder of jy hierdie man onthou | |
| Ek sien jou in die blare | |
| Ek sien jou in die vou | |
| Van my bybel | |
| Jy was my bybel | |
| Kan jy dit voel? | |
| Ek is vyftien meter weg | |
| Ek weet jy't dit bedoel | |
| Ek is vyftien meter | |
| En 'n leeftyd weg | |
| Sy sit haar lamp af | |
| Sy verdwyn | |
| Gaan jy so wag tot jou oudag? | |
| Ek ry verby | |
| Net soms in die laatnag | |
| En ek baklei | |
| Al my duiwels, elke vrydag | |
| Vir hierdie mense | |
| Die wintervalke | |
| Maak nog nes in my huis | |
| En in die balke | |
| Elke keer as ek iets sien | |
| In die lug | |
| Hoop ek dis jy | |
| Uit 'n leeftyd terug | |
| Wel, kan jy dit voel? | |
| Ek is vyftien meter weg | |
| Ek weet jy't dit bedoel | |
| Ek is vyftien meter | |
| En 'n leeftyd weg | |
| Hallo my mantel | |
| Hallo my rivier | |
| Als het nou jonk geword | |
| Want jy's nou hier | |
| Hallo my mantel | |
| Hallo my rivier | |
| Als het nou jonk geword | |
| Want jy's nou hier |