[00:14.10] ek ken die seer van ou passie, ek het nie meer 'n houvas nie [00:17.95] dit glip tussen my vingers en die ink is net 'n reaksie [00:21.91] in stories van die mensdom, die glorieryke dom mens [00:25.57] die lyke op die slagveld en die duiwel met sy vol pens [00:29.11] ek struikel oor my hol wens en huil oor die leemte [00:32.67] aan die gatkant van die wêreld lê my rympies se verlede [00:36.58] veels te swaar vir my gewete, hou my wakker op die snelweg [00:40.09] in die nag en as dit reën en in die oop mond van die hel [00:43.47] dis sleg om alles te onthou as mens net elke keer die merk mis [00:47.70] die rondsit en die niksdoen maak my sommer nou vir werk lus [00:51.43] ek's perdfris, tog glad nie, my woorde sit soos gom vas [00:55.11] die konteks wil my versmoor en ek verbrand soos 'n dompas [00:58.71] die kompas van duister is geyk en vervelig [01:02.38] en ek giggel oor die rockstars wat nie leer van die verlede nie [01:06.20] patrone sou selfs snaaks wees as dit nie so blerrie hartseer was nie [01:10.05] tieners kots al harder want ons het nie meer 'n houvas nie [01:14.05] ek moet glo dis moontlik [01:16.95] selfsal voel dit of ek te hoog mik [01:20.86] slag die prins wat op daai troon sit [01:24.78] ons moet glo dis moontlik [01:42.92] ek wil van liefde en koue water leef, blydskap deur die donker weef [01:46.72] 'n rustigheid ten midde van die oorlogshart beleef [01:50.03] maar 'n gewapende vrede trek nou verdraagsaam my bene en dis 'n [01:53.78] rigting wat ek eerlik vrees ek glad nie kan oorleef nie [01:57.53] en ek glimlag met my slagtande, want vriendelikheid kos niks nie [02:01.10] die illusies van my goedheid stort nou neer as ware fiksie [02:04.92] ek's 'n dier wat bloed geproe het, en my instink is getrou [02:08.63] ek sien my vyand en sy slagaar is die diepste blou [02:12.49] daar's gedeeltes van myself wat heeltyd sterf in die onweer [02:16.48] maar die wapens wat my opkerf is tog saggeaard en teer [02:19.86] en ek grou vir selfbeheersing en 'n houvas in die stryd, want [02:23.89] net tyd kan getuig van die soetheid van die vrye man [02:37.13]