作词 : Jonathan Scholtz 作曲 : Jonathan Scholtz Tussen die lakens mis ek jou lyf Kollekteer ek wapens om geeste uit te dryf Ja tussen die lakens raak ek te skaam Lees jy vir my woorde al wat ek sing is jou naam Ek onthou jou op my vensterbank sit en in een sekonde was my grys hart weer wit Jy met jou hare en ek met my trane Soos jy vir my se dat jy oor die water gaan Sit my in jou sak soek my waar jy gaan En kyk so nou en dan op na die maan En weet ek kyk ook en ek onthou Ja ek onthou jou Tussen die lankens het ons beloof, al rol al die houe sal ons hou aan ons geloof Maar op hierdie oomblik is jy ver en bereid Ek sien n kroon en jy gaan agteruit Ek onthou jou op my vensterbank sit en in een sekonde was my grys hart weer wit Jy met jou hare en ek met my trane Soos jy vir my se dat jy oor die water gaan Sit my in jou sak soek my waar jy gaan En kyk so nou en dan op na die maan En weet ek kyk ook en ek onthou Ja ek onthou jou Wat as ons kon grootword met die lewe wat ons soek hoekom sit ons al die dromers almal in n hoek Toe ek jou ontmoet het was ons altwee nog te jonk Vir werk en stres en stories van ons vriende in die tronk Dalk as ek kon oorbegin sou als nou anders wees Ek sou meer terugbel en die lewe bietjie leef Arm maar geduldig, ja my pa was dalk tog reg Here jammer as ek moeilik was maar hoërskool was te erg Sit my in jou sak soek my waar jy gaan En kyk so nou en dan op na die maan En weet ek kyk ook en ek onthou Ja ek onthou jou Ja ek onthou jou Ja ek onthou jou