Kan ek jou help verf Aan die kamers van jou hart Die besem vat en uitvee, Al die seerkry en die smart. Die krake teen die mure, En die dak wat lek reg maak. Dan kan my liefde dalk weer intrek, En 'n rusplek daarvan maak. Gee my jou hand. Ek vra jou net wag Ek wil huil as dit reen Want dan huil ek nie alleen. Wil my sere vir die aarde leen Ek wil huil as dit reen. Ek wil hui as dit reen Want dan huil ek nie alleen Ek glo nog steeds jy is die een. Ek wil huil as dit reen Kan jy my hoor bid, In die aande as jy slaap My trane vir die hemel pos Sodat hy oor jou sal waak. Die reen daar teen jou ruite Stuur ek sodat jy onthou. Die grootste bly die liefde, Jy moet leer om te vertrou. Gee my jou hand, Ek vra jou net wag Ek wil huil as dit reen Want dan huil ek nie alleen Wil my sere vir die aarde leen Ek wil huil as dit reen Ek wil hui as dit reen, Want dan huil ek nie alleen Ek glo nog steeds jy is die een Ek wil huil as dit reen Hoor jy my roep, Waar ek in donkerte soek. Glo my nou, gee my jou hart Ek wil huil as dit reen Want dan huil ek nie alleen Wil my sere vir die aarde leen Ek wil huil as dit reen Ek wil huil as dit reen Want dan huik ek nie alleen Ek glo nog steeds jy is die een Ek wil huil a s dit reen