Die winter stoom hang laag op die rivier Ek ruik die putu pap wat bruin aan brand In my sak het ek ‘n chose of Rogers En my vellies stap stil spore in die sand My ou boesem maat hang hier op my skouer Hy ken sy rusplek hier styf teen my sy Waidmannsheil uitgekerf op sy loop Ek vir hom en hy vir my Waidmannsheil dis hoe ons mekaar dan groet Waidmannsheil daar’s ‘n tak hier in my hoed Waidmannsheil waidmannsdank My hand sag op ‘n Mauser aksie My versier hang stil in die wind My hart klop en my asem rustig Tot die rondte sy teiken vind My oë is nat en my keel is droog Toe ek die takkie op sy wond neerlê Ek die jagter het net die woorde Waidmannsheil vaarwel kom sê Waidmannsheil dis hoe ons mekaar dan groet Waidmannsheil daar’s ‘n tak hier in my hoed Waidmannsheil waidmannsdank Waidmannsheil dis hoe ons mekaar dan groet Waidmannsheil daar’s ‘n tak hier in my hoed Waidmannsheil waidmannsgroet